Corne + Luwig | Perfek vir Altyd

Sjoe! Dar is so baie wat ek wil sê oor hierdie fotosessessie saam met Corné Groenewald van die vorige Boer soek ‘n Vrou seisoen.

Waar ander mense seker 'n fotosessie sal kanselleer as gevolg van reën het dit gemaak dat ek en Making Faces by Gerda net 'n bietjie meer uit die kassie moes dink. Corné en Ludwig het immers al die pad vanaf Bloemfontein gery na Klokfontein Wedding & Game Farm.

Corné en Ludwig het by Klokfontein Wedding & Game Farm in die ou skooltjie op 'n swartbord geskryf. Die uitdaging was dat die sin nie mag begin met 'ek het' ... Elkeen moes 'n woord skryf en dit wat daaruit gekom het was bloot perfek!

Hul het op 'n ou skoolbankie gesit en roomys eet op 'n yskoue dag. Ons het gebibber maar Corné het net gestraal by haar Ludwig.

Dankie vir soveel lag en spesiale oomblikke. Ek en Gerda kon na die fotosessie nie uitgepraat raak oor hoe perfek julle vir mekaar is nie. Die stunningste paartjie met die mooiste harte. Jul het van 'n koue, reënerige dag iets ongeloofliks gemaak.

Teen skemer het Corné koffie gemaak in Klokfontein se pragtige gastehuis en moes ek dit net vasvang op kamera. Miskien nie die perfekte beligting nie - maar die mooiste oomblikke.

Om die dag mee af te sluit het Gerda vir ons lekker rooiwyn gebring. So gepas vir 'n koue aand.

Klokfontein Wedding & Game Farm - Elmé jy het dit so spesiaal vir ons almal gemaak. Jul gastehuis is van die mooistes waarin ek nog oorgeslaap het. Elke vertrek het sy eie unieke gevoel. Nogmaals dankie vir jou gasvryheid en ek kan nie wag om weer te kom kuier sodra jul trou venue klaar is nie. Seker dit gaan vir menige paartjies net die mooiste dag oplewer.

Making Faces by Gerda - jy is net amazing met alles wat jy aanpak. Dankie vir die ongelooflike voorreg om hierdie fotosessie saam met jou te kon doen. Ek lief 'n kuier by jou want wie sal nou in die reën rond hardloop vir roomys, blomme, wyn ens.